Dis ‘n stil winderige Sondag in die karoo en uiteindelik kry ek kans om bietjie voor my rekenaar te kom sit en net ‘n slag my gedagtes bietjie los te laat. In my kop dwarrel te veel gedagtes, te veel bestellings, dalk te veel idees vir die kort tydjie wat ek oor het voor my geliefde dogtertjie haar verskyning maak. En tog maak niks van hierdie hele warboel saak as ons gesond en gelukkig is nie.
Ons tel die dae af …
