Free shipping on all orders above R950 anywhere in South Africa.

Dit is die mooiste oggend op ons karoo werf. Die veld is lower groen en elke keer wat ons veld toe of dorp toe ry verbeel ek my ek ry in die Boland op sy mooiste… Dis regtig iets om te beleef en ons asem elke oomblik vol dankbaarheid in! Ek kan sien hoe die las op my man se skouers sagter raak en die blink in sy oë terug kruip.

Ek sit op ons stoep en skryf terwyl my seuntjie langs my besig is met sy Graad 1 Wiskunde. Maandae aande slaap ons oor in Beaufort-Wes sodat hy twee dae ‘n week kan skool toe gaan en twee dae ‘n week het ons skool by die huis en trek ek so bietjie my juffrou skoene aan voor ek namiddag by my lappe inval.

Ek sien vreeslik uit daarna om die week ons wintersreeks se “samples” te begin maak en om die nuwe ontwerpe klaar te maak vir ‘n splinternuwe dekor en geskenkreeks wat ons met ons mooiste nuwe Hartsgoed materiaalreeks gaan kombineer.

Daar is ook die mooiste nuwe spoegdoeke op die rak asook nuwe voorskote en kussings! Kyk veral na die nuwe seën wat ons oor ‘n Juffrou kan spreek wat ‘n lieflike geskenk is om te gee so vroeg in die jaar.

Januarie Aflsag

Vir Januarie het ons sommer groot afslag op die volgende baba bykomstighede:

BURP CLOTH R140 | R120
DUMMY CLIP R85 | R55
CLASSIC BIB R140 | R120
BABY MILESTONE CARDS R485 | R350
HALLO WORLD CARDS R75 | R70

Hierdie aanbod is geldig tot 31 Januarie 2022 by www.hartsgoed.co.za asook by ons twee Hartsgoed winkels by die. BP Petrolstasie in Buffeljagsrivier 10km buite Swellendam en langs die pragtige Beautiful Betty B&B en koffiewinkel by Brandstraat 2 in Beaufort-Wes.

Ons is regtig so geseënd om ons winkels op persele te hê wat netjies en skoon is met die lekkerste ruimte vir kinders om te speel en bene te rek wanneer die pad te lank raak. Boonop bied hul ook heerlike ligte etes aan en kan jul ontspan onder die koeltebome!

Mag jou jaar vol mooi wees, vol hoop wees en vol vreugde wees in Jesus! Mag jy vrug dra vir ons Koning en Vader en mag ons Hom vereer met wat ons sê en wat ons doen.

Alet van Zyl