FREE SHIPPING ON ALL ORDERS ABOVE R950 ANYWHERE IN SOUTH AFRICA.

          

Hoe is dit om in die karoo te bly vra iemand my eendag. Hoe maak julle as julle wil koek bak en jy het net twee eiers of as jy n slaai wil maak, maar jy het nie rocket nie? Jy “google” sjokolade koek met twee eiers en maak die slaai sonder rocket.. en as jy die slag uitstap by Woolies met n trollie vol vars vrugte en groete sê jy vir die Vader dankie, want jy weet dis n voorreg..
Maar hoe is dit regtig om in die karoo te bly? Dis lekker, salig en mooi.. Jy en jou man is mekaar se beste maats en jy kan nie lank kwaad bly nie, want dan raak die plaas eensaam.. Jy het n groot telefoonrekening, want jy het die gesels nodig.. Op n dag soos gister staar jy by die venster uit en wonder wanneer die springkane dan gaan koers kry! Maar jy is regtig bly elke keer as jy iemand raakloop of wanneer jy kan dorp toe gaan.. en die vlaktes en randjies en ganse en hoenders op die werf kom bring n vrede.. n Gevoel van behoort en dankbaar wees.. Jy leer afhanklikheid van God ons Vader soos jy nog nooit geleer het nie.. As jy jou bakkie laat diens bly jy die klein karretjie doodruk en verwonder jou hoe maklik mens daarmee kan parkeer.. Jy is altyd bly vir kuiermense en koop net winkelbrood vir braaibroodjies, want niks kom naby n tuisgebakte brood nie.. Jy het altyd 3 van alles in jou koskas.. Jy gaan nooit see toe net vir rus nie, want daar is altyd n laaang lysie goed wat nodig is en wat jy nie op die platteland kan kry nie..
Die karoo se mense is hartlik, nederig en warm en hulle gee om.. Hulle is nie bang om moue op te rol vir n fondsinsameling nie en kan n hond uit n bos kuier en gesels.. en is altyd bereid om te help met n pakkie en te ondersteun met n slegte tyding..
Ja, ons mis familie hier.. n Ouma naby wat soms net kan help met die kinders of n koppie tee kan aandra, maar ek glo met my hele hart dat ons presies is waar die Here ons wil hê.. My man boer dat die stof staan op hierdie klein stukkie grond en ons is dankbaar vir elke stukkie seën uit ons Vader se hand..
Hierdie woorde is binnekort beskikbaar op n kussing uit ons splinternuwe dekor en geskenkreeks..
Shopping cart0
There are no products in the cart!
Continue shopping