FREE SHIPPING ON ALL ORDERS ABOVE R950 ANYWHERE IN SOUTH AFRICA.

          

Na byna drie jaar van geen markte doen nie.. trek ek vandag my bakkie in op Victoria-Wes onder die Wilgerboom by die grootsaal se dubbeldeur.. “Gewolboot” en “geK-Way” want die karoo is nat en ekstra koud.. OWK se mense bring drie bokse voorraad saam van Beaufort-Wes af en Carin McRobert laai haar bus vir my vol inners.. Vroegdag gaan haal ek dit af by @travaliaguestfarm en drink dié lekkerste decaf cappuccino in n laaang tyd terwyl ek die nat om my inasem en afdraai Victoria-Wes toe..
Toe ek vannaand die post wil skryf, besef ek dat ek nooit vandag my stalletjie afgeneem het nie.. want ek het só lekker gesels.. SONDER N MASKER en ek kon almal se glimlag op hul mond sien nog voor dit in hul oë kom lê!
En ek besef net weer hoe onsettend lief ek vir mense is.. hoe onsettend lief ek vir die karoo se mense is.. Hoe n onsettend goeie man ek gekry het wat so mooi na ons kinders gekyk het vandag..
EN HOE ONGELOOFLIK AMAZING GROOT ONS GOD IS.. My pa (Januarie gediagnoseer met akute AML leukemia) was vandag by die dokter.. die wat my gereeld volg sal weet dat hy teen chemo besluit het en net Hadassah olies gebruik – aanvanklik heel teen sy boer sin..
“Oom Manus, hier is besig om n wonderwerk te gebeur.. Oom se bloeddruk en suurstofvlakke en kleur is so mooi dat ek nie eers gaan bloed trek nie.. Ons het glad nie nodig om vir om bloed te gee nie..” So sê ons geliefde Dokter Conradie! Ek bel my pa en sê dat hy nie naaste aan ou Petrus wat op water geloop het is wat ek in my lewe ooit sal teekom en die ou huil dat die trane loop van dankbaarheid en hy net sê “ai, my kind, die Here is vir my baie goed en Sy genade is so groot..” Sal jy vannaand saam met my vir Abba Vader kom dankie sê? Hom loof en prys en al die eer gee, want Hy is Goed en Getrou en Sy Beloftes staan vas! Hy is die Alfa en Omega!
Ek ontmoet ook die mooiste vrou van Stellenbosch.. Sy vra of ek geweet het my hartsgoed is my ministry.. my oë blink.. Nee, Here, ek het vergeet.. maar dankie vir n ongelooflike dag vol dankbaarheid.. dankie vir die boodskap..
More oggend as die Here my lewe spaar is ek weer daar.. my beker gaan dalk oorloop, maar dit is so goed vir my gemoed. As jy more wil kom draai, moet jy die lekkerste stir-fry kom eet en n OWK soetwyntjie koop en kom hallo sê by Hartsgoed..
Shopping cart0
There are no products in the cart!
Continue shopping